WAT IS NISTAGMUS?

Written by CEH

Herhalende oogbewegings wat nie beheer kan word nie. Dit sluit in dat die oog heen en weer, op en af en selfs in ’n
sirkelpatroon beweeg. Dit kan stadig en vloeiend voorkom of meer rukkerig wees. Nistagmus kan een of albei oë affekteer.

TIPES NISTAGMUS

Aangebore:
Ontwikkel binne die eerste paar maande ná geboorte. Dikwels gekoppel aan toestande wat die ontwikkeling van die visuele stelsel beïnvloed.

Verworwe:
Ontstaan later in jou lewe. Gekoppel aan neurologiese toestande, binneoor-probleme,
sekere medikasie of ander mediese toestande.

HOE WORD DIT GEDIAGNOSEER?

Dit begin gewoonlik met ’n deeglike mediese geskiedenis en ’n volledige oogondersoek wat die evaluering van die persoon se visie en beoordeling van die aard van die oogbewegings insluit.

VERDERE ONDERSOEKE KAN INSLUIT:

Neurologiese toetse;
Breinskandering;
Gehoor- en balanstoetse;
Bloedtoetse; en Genetiese toetse

ALGEMENE SIMPTOME

Dowwe of onduidelike visie;
Probleme om te fokus;
Sukkel om afstand en diepte te skat;
Balans- en koördinasieprobleme; en Jou kop word op ‘n spesifieke manier gedraai om visie so duidelik as moontlik te kry.

IS NISTAGMUS GEVAARLIK?

Nistagmus is nie lewensbedreigend nie, maar dit kan ’n teken wees dat daar ’n onder-liggende oorsaak is wat geïdentifiseer en betyds behandel moet word.

Behandelingsopsies

Behandel die onderliggende mediese oorsaak;
Brille of kontaklense;
Hulpmiddels vir swak sig;
Oogspierchirurgie (in sekere gevalle); en
Refraktiewe laserbehandeling (bv. Lasik).

NIE ALMAL
ERVAAR DIESELFDE
SIMPTOME NIE.

WAT IS NISTAGMUS

NISTAGMUS EN LASERBEHANDELING

In die meeste gevalle is nistagmus géén teen- aanduiding vir laserbehandeling nie.
Refraktiewe laserbehandeling soos Lasik kan in sommige gevalle visie verder verbeter, maar dit mag nie in elke geval van waarde wees nie.

MOONTLIKE OORSAKE

Nistagmus ontstaan wanneer dele van die brein, die oë of die binneoor nie korrek werk nie;
Oorerflike oogsiektes;
Swak sig van geboorte;
Neurologiese toestande;
Binneoor-afwykings;
Beroerte of hoofbeserings;
Veelvoudige sklerose (MS); en Sekere medikasie.

SKIELIKE NISTAGMUS

Nistagmus wat skielik ontstaan, kan op ’n ernstige onderliggende toestand dui. Soek onmiddellik mediese hulp, want vroeë evaluering bly die belang-rikste stap.

Spesialiste wat betrokke is by ondersoeke, sluit in oogartse, neuroloë en oor- neus-en-keel-spesialiste.

Aangebore nistagmus kan nie omgekeer word nie, maar visie kan dikwels met hulpmiddels geoptimaliseer word.

Verworwe nistagmus kan verbeter of selfs verdwyn indien die onderliggende oorsaak suksesvol behandel word.

Bron: Dr. Carina Slazus, ’n oftalmoloog van die Kaapse Ooghospitaal.

You might also like…

Eye Care Awareness

Eye Care Awareness

Eye Care Awareness Month 20 September to 17 October(ECAM) in South Africa is observed annually from 20 September to 17...